Creation Wyne se proe-en-pas teater by KAMERS Hermanus

Creation Wyne is nie net bekend vir hul besonderse wyne nie, maar ook vir hul onvergeetlike kos-en-wyn kombinasies uit die boonste rakke. Vanjaar bied Creation hierdie unieke proe-ervarings by KAMERS 2015 Hermanus aan, van 24 tot 27 September. Die landgoed word as’t ware na KAMERS gebring met ‘n verskeidenheid  keuses soos ‘n wyn-en-kospasmaatservaring, wynproe en ‘n wyn-en-kosteater.

Creation food and wine at KAMERS Hermanus

‘n Verskeidenheid heerlike happies, geskep deur onder andere The Eatery op Hermanus en sjef Nic van Wyk (kykNET Kokkedoor-sjef en -beoordelaar, asook eienaar van Bistro 13 op Stellenbosch), sal voorgesit word. Die wyn-en-kos kombinasies word deur Creation se kundige personeel bedien – ‘n proe-ervaring soos min!

By die wyn-en-kosteater gaan sjef Nic van Wyk geregte uit die boonste rakke voorsit om Creation se wyne te komplementeer.

Kaartjies vir Creation se kos-en-wyn belewenisse is R50. Vir besprekings of meer inligting oor Creation by KAMERS, kontak Dieter Odendaal by dieter@creationwines.com. Daar is ook talle pryse te wen!

Program:

Donderdag:

  • 14:00 – Creation-Wynproe

Vrydag:

  • 11:30 – Creation-wyne met bypassende laat-ontbytgeregte deur The Eatery
  • 13:00 – Creation-wyne met bypassende geregte geskep deur sjef Nic van Wyk
  • 16:00 – Creation se sjokolade-en-wynpasmaats

Saterdag:

  • 11:30 – Creation-wyne met bypassende laat-ontbytgeregte deur The Eatery
  • 13:00 – Creation-wyne met bypassende geregte geskep deur sjef Nic van Wyk
  • 16:00 – Creation se sjokolade-en-wynpasmaats

Sondag:

  • 12:00 – Creation-Wynproe

Moenie die eerste KAMERS Hermanus misloop nie!

kykNET Kokkedoor and Bistro 13 sjef Nic van Wyk at KAMERS Hermanus 2015 for Creation Wines food and wine theatre

, , ,

No comments yet.

Leave a Reply